© 2009 Linsen. All rights reserved. Fees

Fees van die Ongenooides

Ek het die afgelope week of twee PG du Plessis se onlangse oorlogsroman Fees van die Ongenooides gelees.

Die verhaal vind plaas gedurende die Anglo-Boere Oorlog, maar anders as ander boeke wat ek onlangs gelees het, is die fokus daarvan nie op die oorlog in sigself nie, maar eerder die effek daarvan op die mense wat deur dit moes lewe. Die storie draai om die Van Wyks, ‘n ryk en bekende Boerefamilie, en vertel van hul doen en late gedurende die oorlog.

Fees van die Ongenooides is ‘n absoluut uitstekende boek, wat die hartseer en weemoed van die oorlog perfek vasvang. Dit is intelligent geskryf, en wys hoe almal aan beide kante van die geveg daardeur beïnvloed word. Laastens is du Plessis se taalgebruik puik en pragtig.

Hierdie boek is beslis een om aan te beveel.

2 Comments

  1. Erns Kleynhans
    Posted 21 Jan ’10 at 12:46 pm | Permalink

    Die boek het ‘n week op my bedkassie gelê voor ek hom uiteindelik een aand optel en begin lees… maar toe ek eers begin, gaan ek sommer reg deur die nag! Ek was gedwing om stadiger te lees, sodat ek die uitstekende taalgebruik van PG behoorlik kon inneem, nadink, totdat die storie woord vir woord uiteindelik ‘n pad plavei wat deur baie diep gedeeltes van my siel wandel.

    Die karakter ontleding en progressie is so eerlik soos my 3-jarige tweeling en dit had selfs ‘n spiëel in die hand wat jou binneste plek-plek lelik ontbloot.

    Ek is van nuuts af ‘bitter’ trots op ons Taal. Diè is ‘n boek wat nie maklik vertaal kan word nie, want die beskrywende Afrikaanse woordkeuses van PG is onvervangbaar met enige ander taal!

    • Posted 22 Jan ’10 at 11:01 am | Permalink

      Dankie vir jou kommentaar – jy het die ongelooflike effek en trefkrag van PG de Plessis se skrywe presies reg vasgevang.

Post a Comment

Your email is never published nor shared.

You may use these HTML tags and attributes <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>