© 2009 Linsen. All rights reserved. Periandros-van-Korinthe

Periandros van Korinthe

Periandros van Korinthe is ‘n boek wat ek al baie van gehoor het.  Dit is een van die voorgeskrewe tekste vir Afrikaans in Matriek, maar nie een wat ek toe behandel het nie (ons het Die Keiser gedoen). Gevolglik het die meerderheid van die mense wat ek ken dit op skool behandel en opinies daaroor ontwikkel. Genoeg van hierdie opinies was positief dat ek besluit het om dit maar self te lees.

Hierdie is ‘n skitterende drama, met pragtige taalgebruik. Die hele teks is in paarrym geskryf, maar sonder dat dit steurend is. Inteendeel, die rym is so oortuigend dat ek groot dele daarvan hardop vir myself gelees het. Dit is geskryf met so ‘n lekker rym en ritme dat die teks jou vanself voorentoe dra.

Die verhaal self is die van ‘n tipiese Griekse teaterstuk, en redelik maklik om te volg. Die styl herinner mens aan sulke Shakespeare werke soos Macbeth en King Lear – ‘n tragiese held wat as gevolg van ‘n enkele karakter fout al hoe meer in die moeilikheid (en tragedie) beland.

Ek sou baie graag ‘n opvoering hiervan wou sien.

4 Comments

  1. Ig
    Posted 20 Aug ’09 at 11:24 am | Permalink

    Hey Linsen,

    Ek stem saam – great teks. As jy dalk iewers ‘n opvoering van die stuk raakloop laat my weet – ek gaan saam!

  2. Posted 20 Aug ’09 at 2:59 pm | Permalink

    Bly jy het daarvan gehou! Volgende op die lys is Raka :P

    Daar’s natuurlik niks wat jou keer om self ‘n toneelgroep op die been te bring nie!

  3. Roxanne
    Posted 2 Feb ’12 at 2:11 pm | Permalink

    Doen aand skool …en ons is besig met hierdie boek…wat kom in die vraestel?

    • linsen
      Posted 3 Feb ’12 at 7:45 am | Permalink

      Ek’s bevrees (aangesien ek hierdie nooit op skool gedoen het nie) dat ek geen raad het nie.

      Sterkte!

Post a Comment

Your email is never published nor shared.

You may use these HTML tags and attributes <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>